Die wolmark het hoër verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,6% en 450 punte gestyg, om op ’n waarde van R177,14/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 0,5% afgeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 2,7% gestyg.

Read it in English. 

Die wolmark het vandag hoër verhandel weens ’n swakker rand en die volgehoue sterk vraag na hoë gehalte lang en fyn wol. Dit was ’n redelike groot veiling, waarvan die meerderheid wol fyn was. Die seisoen se wol-ontvangste is steeds laer as tydens die ooreenstemmende tydperk vir die vorige seisoen.

Die kompetisie tussen kopers was goed en Standard Wool het vandag die meeste bale op die veiling gekoop.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron het met 1,6% gestyg en op R212,15/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 1,9% afgeneem en op R200,92/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 1,6% verhoog en op R186,65/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 1,6% versterk en op R180,42/kg gesluit.
  • 20 mikron is 3,6% hoër en het op R178,99/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 3,5% sterker en het op R175,72/kg gesluit.
  • 21,0 mikron het met 3,8% gestyg en op R176,23/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 4,0% toegeneem en op R170,42/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 3,8% gestyg en op R169,00/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is 4,3% beter en het op R163,78/kg gesluit.

 

Die volgende veiling is geskeduleer vir 18 April 2018, wanneer altesaam 7 333 bale aangebied sal word. – Markverslag