Die wolmark het dié week effens gestyg en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 0,7% en 146 punte gestyg om op ’n waarde van R206,14/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 1,5% gedaal. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 0,5% gestyg.

Read it in English. 

Die wolmark het hoofsaaklik weens die swakker rand effens sterker verhandel. Die markvraag na wol is onveranderd teenoor verlede week en lang en fyn Merino-wol is steeds baie gesog. Die lewering van wol aan die mark is merkbaar minder teenoor die vorige seisoen, ook weens die afwesigheid van wol uit Lesotho. Modiano het vandag die meeste bale op die veiling gekoop.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron het met 1,4% gestyg en op R235,10/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 1,6% toegeneem en op R234,79/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 1,8% verhoog en op R225,22/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 1,4% versterk en op R222,44/kg gesluit.
  • 20 mikron is 1,3% hoër en het op R218,38/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 1,2% sterker en het op R216,78/kg gesluit.
  • 21 mikron het met 1,1% gestyg en op R216,16/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 1,7% toegeneem en op R209,80/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 1,8% gestyg en op R207,38/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is 0,3% beter en het op R208,05/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 21 November 2018, wanneer altesaam 9 891 bale aangebied sal word. – Markverslag