Die wolmark het dié week gestyg, en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,9% en 398 punte gestyg om op ’n waarde van R210,12/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het hierdie week met 3,3% gestyg en die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 1,8% gestyg.

Read it in English.

Die wolmark het stewiger verhandel, ten spyte van die sterker rand en grotendeels as gevolg van die volgehoue goeie markvraag na lang en fyn Merino-wol. Die lewering van wol aan die mark is steeds merkbaar minder teenoor die vorige seisoen. Standard Wool het vandag die meeste bale op die veiling gekoop, met Modiano kort op sy hakke.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron het met 0,7% gestyg en op R236,75/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 0,5% toegeneem en op R236,08/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 0,8% verhoog en op R226,98/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 1,6% versterk en op R225,94/kg gesluit.
  • 20 mikron is 1,2% hoër en het op R220,93/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 1,9% sterker en het op R220,88/kg gesluit.
  • 21 mikron het met 1,2% gestyg en op R218,66/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 0,4% toegeneem en op R210,73/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 1,2% gedaal en op R204,88/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is 2,1% swakker en het op R203,77/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 28 November 2018, wanneer altesaam 13 280 bale aangebied sal word. – Markverslag