Die wolmark het dié week hoër verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,7% en 566 punte gestyg om op ’n waarde van R217,80/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het hierdie week met 1,6% gedaal. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 2,8% gestyg.

Read it in English.

Die wolmark het van die onlangse verliese verhaal en stewiger verhandel, ondersteun deur ’n swakker rand en beter vraag na hoë gehalte lang en fyn wol. Dit was ’n groot veiling oor twee dae, waar die meerderheid wol wat aangebied is lank en fyn getoets het. Die seisoenale ontvangste by makelaars is merkbaar minder teenoor die vorige seisoen. Kompetisie tussen die kopers was goed en Modiano het vandag die meeste bale op die veiling gekoop.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron het met 2,0% gestyg en op R245,85/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 2,7% toegeneem en op R246,04/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 2,9% verhoog en op R235,94/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 3,0% versterk en op R235,25/kg gesluit.
  • 20 mikron is 3,2% hoër en het op R230,15/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 4,4% sterker en het op R227,75/kg gesluit.
  • 21 mikron het met 4,2% gestyg en op R227,40/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 4,3% toegeneem en op R218,47/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 3,3% gestyg en op R214,69/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is 0,6% beter en het op R218,11/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 7 November 2018, wanneer altesaam 9 539 bale aangebied sal word. – Markverslag