Die wolmark het hierdie week veld gewen en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,7% en 821 punte gestyg om op ’n waarde van R232,16/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het ook dié week met 1,2% gestyg. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 3,8% gestyg.

Read it in English.

Die wolmark het stewig verhandel en is goed ondersteun deur ’n swakker rand, en is aangedryf deur die volgehoue goeie vraag na lang en fyn Merino-wol. Pryse het oor alle mikron-groepe gestyg, met die sterker wol wat goed ondersteun is. Altesaam 94% van ’n kleiner veiling is verkoop. Modiano het vandag die meeste bale op die veiling gekoop.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron het met 1,7% gestyg en op R269,36/kg gesluit
  • 18,5 mikron het met 2,6% toegeneem en op R263,33/kg gesluit
  • 19 mikron het met 2,8% verhoog en op R253,39/kg gesluit
  • 19,5 mikron het met 3,0% versterk en op R251,53/kg gesluit
  • 20 mikron is 5,6% hoër en het op R243,79/kg gesluit
  • 20,5 mikron is 6,1% sterker en het op R239,64/kg gesluit
  • 21 mikron het met 3,7% gestyg en op R239,09/kg geslui
  • 21,5 mikron het met 3,4% toegeneem en op R229,44/kg gesluit
  • 22 mikron het met 2,6% gestyg en op R228,58/kg gesluit
  • 22,5 mikron is 1,0% beter en het op R227,54/kg gesluit

Die volgende veiling is geskeduleer vir 17 Oktober 2018, wanneer altesaam 7 986 bale aangebied sal word. – Markverslag