Die wolmark het dié week teruggesak en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 6,0% en 1,312 punte gedaal om op ’n waarde van R204,68/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het hierdie week met 3,9% gedaal. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 5,9% gedaal.

Read it in English. 

Die wolmark het laer verhandel weens die sterker rand en ’n marginale laer markvraag na lang en gemiddelde lengte, fyn Merino-wol. Alle wol is deur die daling geraak en pryse het deur die bank gedaal.  Seisoenale lewerings wat by makelaars ontvang is, is merkbaar laer teenoor die vorige seisoen. Modiano het die meeste bale op die veiling gekoop.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron het met 5,7% gedaal en op R231,88/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 6,1% afgeneem en op R231,08/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 6,2% verlaag en op R221,23/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 6,7% verswak en op R219,43/kg gesluit.
  • 20 mikron is 6,3% laer en het op R215,67/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 6,0% swakker en het op R214,13/kg gesluit.
  • 21 mikron het met 6,0% verlangsaam en op R213,73/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 5,6% afgeneem en op R206,20/kg gesluit.
  • 22 mikron het 5,1% gedaal en op R203,73/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is 4,9% swakker en het op R207,53/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 14 November 2018, wanneer altesaam 12 957 bale aangebied sal word. – Markverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here