Die wolmark het met 7,4% gedaal om teen R145,56/kg te sluit. ’n Totaal van 11 767 bale is op die dertiende veiling van die wolseisoen aangebied, waarvan 95,77% verkoop is. Volhoubaar-geproduseerde wol het 19,5% van die Merinowolaanbod uitgemaak.

Read it in English.

Die meerderheid van die aanbod het uit fyn, lang tot medium lengte wol bestaan. Fyn, volhoubaar-geproduseerde wol het goeie mededinging ontlok en beter as die markgemiddeld presteer. Sterker mikrongroepe het die grootste afname in verkope tydens die veiling getoon.

Die versterking van die rand het die wolmark verder afgedruk om 3,8% sterker teenoor die Amerikaanse dollar te sluit. Die wolmark het met 3,8% in Amerikaanse dollarterme gedaal en die Australiese mark het met 2,78% gedaal.

Die grootste kopers op die veiling was Modiano SA, Lempriere SA, Tianyu SA en Standard Wool SA.

Gemiddelde pryse per kategorie

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron daal met 6,3% en sluit teen R181,31/kg.
  • 18,5 mikron neem met 7,1% af en sluit teen R169,16/kg.
  • 19 mikron verlaag met 7,6% en sluit teen R157,84/kg.
  • 19,5 mikron verswak met 5,9% en sluit teen R151,96/kg.
  • 20 mikron is 6,2% af en sluit op R144,41/kg.
  • 20,5 mikron is 6,2% swakker en sluit op R140,02/kg.
  • 21 mikron verlangsaam met 8,6% en sluit op R137,54/kg.
  • 21,5 mikron neem met 6,6% af en sluit op R133,44/kg.
  • 22 mikron daal met 9,4% en sluit op R124,53/kg.
  • 22,5 mikron is 14,4% swakker en sluit op R121,05/kg.

Die volgende veiling is vir 18 November 2020 geskeduleer. Cape Wools SA