Die wolmark het sterker verhandel en met 4,1% toegeneem om teen R165,76/kg te sluit.

Die meerderheid van die aanbod was nie-Merinowol met ’n medium lengte en fyner veseldikte. ’n Klein persentasie was volhoubaar geproduseerde wol en die algehele verkoopspersentasie was 92,6%.

Read it in English

Die mark het Australië nagevolg en die prys van alle mikrongroepe het toegeneem. Die laer volume het tot beter mededinging aanleiding gegee, veral vir lang fynwol, terwyl korter wol nie so goed presteer het nie.

Die rand het 0,2% teenoor die Amerikaanse dollar verswak, met ’n toename van 3,9% in Amerikaanse dollarterme. Die Australiese mark het met 3,1% toegeneem teenoor die veiling wat op 11 Februarie gehou is.

Gemiddelde pryse per kategorie

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5), was soos volg:

  • 18 mikron styg met 3,7% en sluit teen R210,60/kg.
  • 18,5 mikron neem met 6,7% toe en sluit teen R200,59/kg.
  • 19 mikron verhoog met 5,8% en sluit teen R188,54/kg.
  • 19,5 mikron versterk met 6,9% en sluit teen R177,73/kg.
  • 20 mikron is met 5,7% op en sluit teen R164/kg.
  • 20,5 mikron is 3,4% sterker en sluit teen R152,11/kg.
  • 21 mikron styg met 4,6% en sluit teen R153,95/kg.
  • 21,5 mikron het met 5,1% toegeneem en sluit teen R149,98/kg.
  • 22 mikron styg met 4,3% en sluit teen R138,71/kg.
  • 22,5 mikron is 6,4% meer en sluit teen R146,15/kg.

Die volgende veiling is vir 24 Februarie 2021 geskeduleer, waar sowat 7 748 bale aangebied sal word. – Press release, Cape Wools