Die negende veiling van die 2021/22-wolseisoen het op 13 Oktober Port Elizabeth plaasgevind, met 7 770 bale wat aangebied is. Nieteenstaande die versterkende rand teenoor die Amerikaanse dollar (+1,6%), was die aanwyser basies onveranderd en het teen R163,22/kg met ’n verkoopspersentasie van 96,15% gesluit.

Die meerderheid van die aanbod het uit fyner wol bestaan, eweredig verdeel tussen lang en medium lengte wol. Die volhoubaar geproduseerde wol het 36,2% van die Merino-aanbod beslaan.

Goeie mededinging het geheers, terwyl beter gehalte medium- en langwol bo die markgemiddeld presteer het. Die mark het 1,5% in Amerikaanse dollarterme toegeneem.

Die Australiese mark het die week op ’n negatiewe noot begin en teen 1,2% (Australiese dollar) teenoor die vorige veiling van 7 Oktober gesluit.

Gemiddelde wolpryse per kategorie

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5), was soos volg:

  • 18 mikron daal met 3,1% en sluit teen R240,84/kg.
  • 18,5 mikron neem met 2,1% af en sluit teen R220,78/kg.
  • 19 mikron verlaag met 2,8% en sluit teen R200,65/kg.
  • 19,5 mikron versterk met 2,2% en sluit teen R177,59/kg.
  • 20 mikron is met 4,3% af en sluit teen R159,84/kg.
  • 20,5 mikron is 3,4% swakker en sluit teen R158,28/kg.
  • 21 mikron verlangsaam met 3,2% en sluit teen R157,09/kg.
  •  21,5 mikron het met 3,6% toegeneem en sluit teen R154,15/kg.
  • 22 mikron daal 3,4% en sluit teen R134,60/kg.
  • 22,5 mikron is 3,9% beter en sluit teen R141,19/kg.

Die volgende veiling is 20 Oktober 2021 geskeduleer vir, waar sowat 8 680 bale aangebied sal word. – Persverklaring, Cape Wools SA