Die wolmark het goed presteer en met 2,1% teenoor die vorige week verhoog om teen R172,63/kg te sluit. Die aanbod het uit 9 640 bale bestaan en volhoubaar geproduseerde wol het 13% van die Merino-aanbod uitgemaak.

Read it in English

Die rand het deur die loop van die veiling versterk, maar teen die afloop met 1,7% teenoor die Amerikaanse dollar verswak, wat daartoe aanleiding gegee het dat die mark met 0,4% in Amerikaanse dollar versterk het.

Alle mikrongroepe het beter presteer, met die fyner mikrongroepe en volhoubaar geproduseerde wol wat goeie mededinging uitgelok het.

Die Australiese mark het met 0,5% in Australiese dollarterme teenoor die vorige veiling versterk.

Gemiddelde pryse per kategorie

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron styg met 2,7% en sluit teen R222,99/kg.
  • 18,5 mikron neem met 2,9% toe en sluit teen R212,82/kg.
  • 19 mikron verhoog met 2,2% en sluit teen R200,26/kg.
  • 19,5 mikron versterk met 2,5% en sluit teen R188,93/kg.
  • 20 mikron is 2,6% op en sluit teen R175,25/kg.
  • 20,5 mikron is 2,6% sterker en sluit teen R165,64/kg.
  • 21 mikron styg met 2,1% en sluit teen R159,26/kg.
  • 21,5 mikron het met 3,2% toegeneem en sluit teen R159,67/kg.
  • 22 mikron styg met 2,2% en sluit teen R146,18/kg.
  • 22,5 mikron is 2,4% beter en sluit teen R148,13/kg.

Die volgende veiling is vir 17 Maart 2021 geskeduleer, waar sowat 8 990 bale aangebied sal word. – Persverklaring, Cape Wools SA