Die wolmark het tydens die eerste veiling van 2019 hoër verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 4,2% en 863 punte gestyg om op ’n waarde van R216,48/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 3,6% toegeneem en die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 3,9% gestyg.

Read it in English. 

Die toename is in lyn met aansienlike prysstygings in Australië. Daar was stewige mededinging, veral vir goeie gehalte Merino-langwol. Swakker gehalte wol, asook lammerwol was verkoper-gunstig.

Dit is duidelik dat goeie wol al hoe skaarser word weens die volgehoue droogtes in Suid-Afrika en Australië. ’n Toename in korter wol as gevolg van die verandering in skeerpatrone word ook ondervind.

Die prys van sterker wol – 19,5 mikron en hoër – het aansienlik meer as dié van fyner wol toegeneem weens verhoogde fynwol aanbiedings in Australië, asook ’n groter persentasie wol wat negatief beïnvloed word deur voeding weens die droogte.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron het met 2,3% gestyg en op R240,33/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 1,8% toegeneem en op R239,10/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 3,6% gestyg en op R230,98/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 3,2% versterk en op R230,07/kg gesluit.
  • 20 mikron is 3,2% hoër en het op R227,58/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 3,3% sterker en het op R226,11/kg gesluit.
  • 21 mikron het met 3,3% gestyg en op R224,53/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 4,4% toegeneem en op R217,05/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 4,3% gestyg en op R213,83/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is 5,0% beter en het op R214,83/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 16 Januarie 2019, wanneer altesaam 13 567 bale aangebied sal word. – Markverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here