Die wolmark het dié week teruggesak en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,8% en 892 punte gedaal om op ’n waarde van R223,24/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 1,2% gedaal en die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 3,9% gedaal.

Read it in English.

Die wolmark het laer verhandel weens die swakker vraag na lang en gemiddelde lengte fyn Merino-wol. Pryse vir lang wol het ewe veel tussen die verskillende mikron-groepe gedaal, terwyl die gemiddelde lengte wol ook gedaal het, maar met groter variasie tussen die mikron-groepe. ’n Sterker rand het die pryse verlaag. Altesaam 94% van ’n relatiewe groot veiling is verkoop. Modiano het die meeste bale op die veiling gekoop.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron het met 4,4% gedaal en op R257,58/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 4,4% afgeneem en op R251,84/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 4,4% verlaag en op R242,18/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 4,1% verswak en op R241,25/kg gesluit.
  • 20 mikron is 4,1% laer en het op R233,73/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 3,9% swakker en het op R230,26/kg gesluit.
  • 21 mikron het met 3,9% verlangsaam en op R229,70/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 3,9% afgeneem en op R220,44/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 4,9% gedaal en op R217,46/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is 4,7% swakker en het op R216,85/kg gesluit.

Die volgende veiling is vir 24 Oktober 2018 geskeduleer, wanneer altesaam 7 068 bale aangebied sal word. – Markverslag