Die wolmark verhandel tans laer en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 0,3% en 57 punte gedaal om op ’n waarde van R217,60/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 0,2% afgeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 0,2% verlaag.

Read it in English. 

Die mark het op dieselfde vlakke as gister se veiling, katalogus 23, gesluit en daar was weining wisseling teenoor die vorige week se veiling.

Die vraag uit Europa het bygedra tot die goeie vertoning van fynwol, terwyl sterker wol swakker gedoen het weens die tekort aan mededinging vanuit China. Die Chinese marksituasie het ook bygedra tot ’n skerp daling in die prys van korter wol. In Amerikaanse dollar terme was die mark onveranderd teenoor die vorige week.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron het met 0,8% gestyg en op R241,62/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 0,6% toegeneem en op R240,35/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 0,8% verhoog en op R237,41/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 0,4% verswak en op R233,42/kg gesluit.
  • 20 mikron het met 0,5% gestyg en op R229,38/kg gesluit.
  • 20,5 mikron het met 1,5% verswak en het op R222,39/kg gesluit.
  • 21,0 mikron het met 0,1% verlangsaam en het op R220,96/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 1,3% afgeneem en op R212,19/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 0,5% gestyg en op R218,90/kg gesluit.
  • 22,5 mikron het met 1,1% verbeter en op R219,92/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 6 Maart 2019, wanneer ongeveer 10 038 bale aangebied word. – Persverklaring

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here