Die wolmark het dié week effens laer verhandel en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,2% en 241 punte teruggesak om op ’n waarde van R207,71/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het hierdie week met 1,8% gestyg en die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 1,0% gedaal.

Read it in English.

Die daling in die wolmark is voortgesit en wol verhandel vandag laer. ’n Onveranderde rand het geen ondersteuning gebied nie en die trae vraag na lang en fyn Merino-wol het skerp gewissel oor die verskillende mikron-groepe. Die lewering van wol aan die mark is steeds merkbaar minder teenoor die vorige seisoen. Madiono het die meeste bale op die veiling gekoop.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron het met 0,7% gestyg en op R238,38/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 0,5% toegeneem en op R237,29/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 1,1% verlaag en op R224,48/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 0,9% verswak en op R223,94/kg gesluit.
  • 20 mikron is 0,3% hoër en het op R221,58/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 0,2% swakker en het op R220,38/kg gesluit.
  • 21 mikron het met 0,2% gestyg en op R219,16/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 1,2% afgeneem en op R208,21/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 1,2% gestyg en op R207,27/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is 1,4% beter en het op R206,57/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 5 Desember 2018, wanneer altesaam 14 010 bale aangebied sal word. – Markverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here