Die wolmark verhandel tans laer en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,3% en 736 punte gedaal om op ’n waarde van R214,42/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het met 1,3% afgeneem. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 3,3% verlaag.

Read it in English.

Nieteenstaande die feit dat die aanbieding uit goeie gehalte lang fynwol bestaan het, was die mark onder voortgesette druk weens die verbod op uitvoere na China. Korter wol was onder groter druk omrede kopers strenger seleksie onder huidige omstandighede moet toepas. Volhoubare skeersels het weereens hoë pryse op die veiling behaal.

Die mark het met 4,2% gedaal in terme van die Amerikaanse dollar, wat weereens die moeilike verhandelings omstandighede beklemtoon.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18,0 mikron het met 3% gedaal en op R237,87/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 3,1% afgeneem en op R235,65/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 3,2% verlaag en op R232,99/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 3,4% verswak en op R228,16/kg gesluit.
  • 20 mikron het met 3,6% afgeneem en op R225,32/kg gesluit.
  • 20,5 mikron het met 2,8% verswak en op R221,05/kg gesluit.
  • 21,0 mikron het met 3,1% verlangsaam en op R216,02/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 0,7% afgeneem en op R214,58/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 2,4% gedaal en op R213,76/kg gesluit.
  • 22,5 mikron het met 1,4% verswak en op R211,73/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 20 Maart 2019, wanneer ongeveer 5 220 bale aangebied word. – Markverslag