Die wolmark het dié week weereens teruggesak en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 5,0% en 1,110 punte gedaal om op ’n waarde van R212,14/kg vir skoonwol te sluit. Die Australiese EMI het hierdie week met 4,7% gedaal. Die Cape Wools Alle Wol-aanwyser het met 5,2% gedaal.

Read it in English.

Die wolmark het aanhou daal en verhandel teen die vorige seisoen se vlakke weens die swakker vraag na lang en gemiddelde lengte fyn Merino-wol. Die pryse vir lang wol het ewe veel tussen die verskillende mikron-groepe gedaal, terwyl die gemiddelde lengte fyn wol, sowel as kort wol, ook aansienlik gedaal het. ’n Sterker rand het die pryse verlaag. Slegs 88% van ’n relatiewe groot veiling is verkoop. Modiano het die meeste bale op die veiling gekoop.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg:

  • 18 mikron het met 6,4% gedaal en op R241,00/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 4,9% afgeneem en op R239,55/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 5,3% verlaag en op R229,37/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 5,3% verswak en op R228,50/kg gesluit.
  • 20 mikron is 4,6% laer en het op R222,97/kg gesluit.
  • 20,5 mikron is 5,2% swakker en het op R218,22/kg gesluit.
  • 21 mikron het met 5,0% verlangsaam en op R218,28/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 5,0% afgeneem en op R209,49/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 4,5% gedaal en op R207,73/kg gesluit.
  • 22,5 mikron is onveranderd en het op R216,85/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 31 Oktober 2018, wanneer altesaam 11 662 bale aangebied sal word. – Markverslag