Die afgelope 32ste veiling van die 2018/19 wolseisoen het plaasgevind met ‘n aanbod van 5 686 bale, waarvan slegs 76,5% verkoop is. Die wolmark verhandel tans laer en die mark het met 2,5% en 514 punte verswak. Dit het op ’n waarde van R202,25c/kg vir skoonwol gesluit. Die Australiese EMI het met 1,5% afgeneem en die Cape Wools Allewol-aanwyser het met 2,5% afgeneem.

Die rand was 0,8% sterker teen die Amerikaanse dollar en 0,7% op teenoor die euro, vergeleke met die vorige veiling. Die mark het 1,7% verswak in Amerikaanse dollar-terme.

Wolmark onder druk

Die wolmark was onder druk weens die afwaarste tendens in Australië en die sterker rand in Amerikaanse dollar-terme.

Voortgesette onsekerheid rakende uitvoersertifisering, asook die mark in China, het die mark verder afgedruk wat tot ‘n lae verkoopspersentasie van 76,5% gelei het. Die groot aanbod van fyn Merinowol het die mark vlak ondersteun. Kort en sterker wol wat die grootste dalings getoon het.

Die grootste kopers op die veiling was G Modiano SA, Standard Wool SA, Tianyu SA en Stucken & Co.

Gemiddelde pryse per kategorie

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was as volg:

  • 18 mikron het met 5,8% gedaal en op R223,35/kg gesluit.
  • 18,5 mikron het met 3,6% afgeneem en op R222,00/kg gesluit.
  • 19 mikron het met 3,6% verlaag en op R215,78/kg gesluit.
  • 19,5 mikron het met 2,7% verswak en op R213,85/kg gesluit.
  • 20 mikron het met 1,9% verminder en op R212,88/kg gesluit.
  • 20,5 mikron het met 4,5% verswak en op R208,11/kg gesluit.
  • 21 mikron het met 1,3% verlangsaam en op R214,41/kg gesluit.
  • 21,5 mikron het met 2,4% afgeneem en op R210,32/kg gesluit.
  • 22 mikron het met 2,4% gedaal en op R211,11/kg gesluit.
  • 22,5 mikron het met 0,1% verswak en op R206,47/kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 29 Mei 2019. – Persverklaring