Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) het tydens die onlangse Expand your Game-konferensie ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter gekies.

Tebogo Mogashoa, ’n ingenieur en jong wildboer, is die nuwe voorsitter. Hy sê wildboerdery is vir hom ’n groot passie. “Dit is ’n hernubare hulpbron deurdat teling my in staat stel om my onderneming op ’n gekoördineerde manier uit te brei met die volhoubare benutting van hulpbronne.”

Wiaan van der Linde, ’n bekende wildboer van Wintershoek in die Noord-Kaap, is die nuwe ondervoorsitter. – Andries Gouws, Veeplaas