In 5 Julie 2018 se aflewering van Grootplaas, gesels Melville Price en Adri Kitshoff-Botha oor voerkrale en grondonteiening.

Namate die bevolking groei, styg die vraag na voedsel asook gesonde rooivleis. Terselfdertyd raak hulpbronne al hoe minder. Melville Price van Nutri Feeds gesels oor die rol wat voerkrale kan speel om hierdie probleem te bekamp. Hy gesels ook oor ‘n paar mites rondom graangevoerde versus grasgevoerde beesvleis.

Daarna kuier Adri Kitshoff-Botha van Wildbedryf Suid-Afrika in die ateljee. Sy fokus op dié organisasie se pogings rondom grondonteiening sonder vergoeding.

Inhoudsborg: Nutri Feeds

Nuusborg: Nutri Feeds

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Standard Bank

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas