Plaaswerkers is ‘n onmisbare skakel in die landbouketting, en ‘n goeie span kan ‘n boerdery sonder twyfel tot sukses lei. Produsente sit egter dikwels hande in die hare oor hoe om hulle werkers te motiveer en op te lei. Wildbedryf SA (WRSA) se Naboombedryfskamer bied suksesvolle opleiding vir plaaswerkers aan en Malan Davey vertel op RSG Landbou hoe hierdie transformasie-inisiatief werkers bemagtig. Luister nou na dié gesprek.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.