Danie Bruwer senior en sy seun, ook Danie, van die Makwera Dohne Merinostoet by Paul Roux in die Vrystaat, is tydens die 2018 ALFA vee-ekspo in Parys as die heel eerste Zoetis Intensiewe Skaapboer van die Jaar aangewys. Die kompetisie word in samewerking met Mamre Intensiewe Skaapproduksie, die Universiteit van de Vrystaat en Plaas Media aangebied.

Volgens David Human van Zoetis, wat beoordeling gekoördineer het, moes kandidate reeds vir ten minste vier jaar ‘n versnelde, intensiewe lamstelsel bedryf het en ‘n lampersentasie van meer as 150% gehandhaaf het.

Van links na regs is Tiny Naudé, Zoetis se areabestuurder in die Vrystaat,, Danie Bruwer (jnr), Danie Bruwer (snr) en Gerrie Roos, Zoetis se verteenwoordiger in die Bethlehem-streek.

Die Bruwers, sê hy, het ‘n hoogstaande inskrywing gehad, en kenmerkend van hulle boerdery was dat die lampersentasie en speenpersentasie so na aan mekaar is. Dit is die resultaat van uiters goeie bestuur.

Maak seker jy lees Veeplaas se Desember 2018-uitgawe, waarin daar ’n indiepte artikel oor hierdie twee top boere en hul boerdery geplaas sal word. – Izak Hofmeyr, Veeplaas